Jean-lee&Mariza

  • Onthou die Datum
  • 3 April 2021

Forevermore Moments, Heidelberg, Gauteng

Ons storie

Ek en Jean-lee het mekaar ontmoet op die regte plek en regte tyd in ons lewe, ons wou altwee dieselfde gehad het al het ons nie daarvoor gesoek nie. Ons voltooi mekaar, ek verstaan hom en hy verstaan my. Ons is “the perfect match”. Van dag een af het ons altwee geweet dis wat ons wil hê vir die res van ons lewens. Ons lag saam, ons huil saam en ons sal dit nie saam met enige iemand anders wil doen nie. Ek is lief vir sy seuntjie, Brooklyn soos my eie. Ons wil saam oud word.

Toe Jean-lee & Mariza ontmoet het
Die dag het als verander...

Ons eerste ontmoeting
22 Augustus 2018

Jean-lee het ‘n heel onskuldige boodskap op Facebook gestuur “Goeie more...ek weet die seker baie random...maar ek brand om te vra of jy in 'n verhouding is” (natuurlik was ek nie) maar dit was die oulikste boodskap, en van daar af het alles begin. Ons het gepraat van die oggend tot die aand en daai onmiddelike konneksie was daar van die begin af. Ons het ons eerste movie saam gekyk toevallig ek by my huis en hy by sy huis en die movie se naam was “The Perfect Match” en dit is die waarheid van ons verhouding.

Ons eerste ontmoeting
27 Augustus 2018

Ons het besluit om mekaar te ontmoet want ons het regtig van mekaar gehou. Jean-lee het ’n afspraak by Fahrenheit gemaak, want teen die tyd het hy al my liefde vir steak geken, so maak hy ’n bespreking vir 18:00 (maar hy sê dit was 19:00). Jean-lee het direk van die werk af gegaan en by Tsunami (’n bar oorkant Fahrenheit) vir my gewag al van 16:00 af. Hy was baie op sy senuwees en so het hy maar sy brandewyn gedrink om die 'nerves' te 'calm' terwyl ek eers huis toe gegaan het om uit my werksklere te kom en mooi aan te trek vir hom, want natuurlik moet ek hom impress (maar ek het dit nie vir hom gese nie - hy het gedink ek moes my hond gaan kos gee haha). So is ek toe oppad en baie 'nervous'. Toe die ontmoeting by Tsunami want ons was te vroeg vir ons bespreking. Jean-lee het nog gedink om my hand te skud, toe omhels ek hom met ’n drukkie. Ons het regtig besef hoe dit gevoel het om met iemand te kliek en ons het lekker gekliek met Jagerbombs en ons booking gemis en toe opgeëinding in ’n McDonalds 'drive thru' en soos hulle sê: 'the rest is history'.

Ons verlowing
1 Junie 2019

Ons was oppad ruby toe (so het ek gedink). Ons kom toe by ’n plek aan La’wiida Game Lodge. Ek sê toe vir Jean-lee ek dink ons is by die verkeerde plek, en hy stem toe saam en sê hy dink ook so. Hy vra toe by die interkom vir die booking vir Pieters, dadelik toe 'freak' ek uit, want ek sien net perde. Hy het vir ons ’n private 'horse game drive' bespreek. Dit was die mees amazingste experience ooit met ’n piekniek. Daar gaan hy op sy knieë en vra my om met hom te trou...

En nou sien ons uit na ons troue...
To present

Ons het dinge bietjie anders gedoen en op 1 Junie verloof geraak. Ons sien uit daarna om jou by ons groot dag te sien 3 April 2021.

"The perfect match..."
Ons tel die dae af...

Trou Datum

Onthou die Datum

Saterdag 3 April 2021, 77 Fenter Straat, Heidelberg

Die Troue

Onthaal en seremonie by Forevermore Moments, Heidelberg.

Seremonie15:00 - 16:00

AdresForevermore Moments
77 Fenter Straat, Heidelberg

Onthaal16:00 - 24:00

AdresForevermore Moments
77 Fenter Straat, Heidelberg

GPS koordinate: Breedtegraad: -26.505198 | Lengtegraad: 28.355827

RSVP

Foto Album

Foto Album

Foto Album

Foto Album

Ons twee

Jean-lee: Ek het 'n passie vir die buitelewe en sport. Ek hou daarvan om gholf te speel en rugby is een van my grootste passies. Ek is 'n familie-mens en hou daarvan om tyd saam met hulle te spandeer. My verloofde en my seuntjie is my grootste ondersteuners en beteken die wêreld vir my. Met hulle in my lewe is ek die gelukkigse man op aarde.
Mariza: Ek is gebore in Namibië. Ek het 'n passie vir sport en my verloofde het my geleer gholf speel. Vir gholf het ek 'n groot passie ontwikkel en het liefde in my lewe gekry saam met Jean-lee. My ma is my rolmodel. Ek leef elke dag voluit en kan nie wag om my lewe saam met Jean-lee te begin nie. Ek het 'n ongelooflike familie bygekry en 'n seuntjie vir wie ek lief is asof hy my eie is.

Jean-lee Pieters
Bruidegom

Mariza Meuwesen
Bruid

The perfect match...

Ons kan nie wag om ons lewe saam te begin nie...

Waar om te bly

Die maklikste is om op lekkerslaap.co.za die opsies en pryse te kry. Hier is wel 2 gastehuise wat naby die venue is:

Ancient Days
14 Hospitaal Straat,
Heidelberg, Gauteng
082 785 9108

Die Dorpsakker
6 Pretorius Straat,
Heidelberg, Gauteng
072 642 7378

RSVP

Laat weet asb teen 3 Februarie 2021 of jy sal kan bywoon.

Name

Email

Aantal gaste

Boodskap


Sien jou daar...

Jean-lee & Mariza